|
VINGER
k
staan hier vanaand, so verskriklik alleen,
Omring deur ‘n skare, wat praat aan-een aan-een.
En ek weet dat een, eintlik twee moet wees,
Of is dit maar net, ‘n behoefte van die vlees?
Want jou naam staan op, my liggaam geskryf,
jou vingers het self, die kurwes ingevryf
van die letters wat, my hart so laat verstyf.
Maar ek lig my ken verbete, fok my ewige gewete.
Ek sal alleen aangaan, soos my vinger bly staan.
Ek sal herinneringe uit, my gedagtes uitsluit,
Een-vir-een sal ek, my verwagtinge verdryf.
Een-vir-een, vir een
Totdat net ek bly –
Alleen.
© Corli
Groeneveld –
28 Augustus 2005
 |