About the Author:
Izel Basson

Izel Basson

Place of Birth: Odendaalsrus
Date of Birth: 22/06/1979
 

Other Literary works:

Afrikaans:
Nuwejaarsvoorneme
Waar was Jy?
Wanneer?

English:
Heart Like a Hotel
Unamanga
 



WANNEER?


anneer vergeet mens die drome
wanneer moet ek net aangaan
sonder om terug te dink

Moet dit ophou toe ek die oproep kry dat jy in
‘n hospitaal bed lê dat ek langs jou staan
aan jou koue hand vat, met geen gevoel of beweging
net die masjiene wat raas om lug in jou longe te blaas.
Die persoon wat ek lief het wat voor my lê
blou lippe, pype vas geplak, naalde wat jou are beklemtoon.
Toe jy jou laaste snak gee, jou asem uitblaas sonder dat iemand hoor.
Met daardie oomblik toe ek die doodsengel
in die maan sien verskyn, met my keel wat toe trek
my hart wat verswak.

Wanneer vergeet mens die drome
die saam bou van strome
Wanneer moet ek net oppak en verder trek.

Moes dit ophou toe die lykswa weg trek
ek weet ek gaan nooit weer aan jou gesig kan raak.
Jou ‘as’ op iemand se rak
in ‘n pot vol stof en spinnerak
met ‘n ou foto langsaan asof jy nog bestaan.
Maar hoekom sien ek jou in die nag
wanneer die drome my kom besoek.
Jy langs my ons 2 wat lag elke nag.

Wanneer gaan ek ophou om God te vra
waar is jy nou.
Wanneer sien ek jou weer.
Ek was lief vir jou.

© Izel Basson – 13 Oktober 2006