|
WAAR WAS JY?
ie
koue wintersoggend skrik wakker
klop met ‘n sagte windjie aan my skouer
hy vat my aan my hand en ly my na koue land
Waar was jy toe toe die somer na herfs verander
die koue ingedring het, die somerson laat verdwyn het
waar was jy toe...
Met ‘n warrelwind draai en swaai hy al die herinneringe
jy het my verraai vir ‘n ander somers kind
met haar blou oë en blonde hare strooi hy die blare orals rond
vas gevries die gedagte dat sy in jou arms lê
jy haar toevou met jou warm kombers
waar was jy toe die ys van my oë drup
my hande gevries, ek ‘n standbeeld vasgegrond met koue alom my
rond
waar was jy toe...
ek staan hier by die koue venster en loer
maar ek sien niks, voel soos niks
my hart is koud en alleen
verlange na die somersoggend
toe die warm son ons lag oor die horison laat verskyn
waar was jy toe alles verdwyn het na niks
my wêreld verander het in een ysblok wat die Titanic laat sink
het
waar was jy toe...
© Izel Basson –
17 November 2006
|