About the Author:
Izel Basson

Izel Basson

Place of Birth: Odendaalsrus
Date of Birth: 22/06/1979
 

Other Literary works:

Afrikaans:
Nuwejaarsvoorneme
Waar was Jy?
Wanneer?

English:
Heart Like a Hotel
Unamanga
 



NUWEJAARSVOORNEME


ie son wink oor die see strome
die nuwejaar op die horison

met kaal voete verwelkom die golwe my
met ‘n wit rand wat uitspoel oor die sand

‘n nuwejaar sing die wind oor die duine
ek stap langs die see se kant

nuwejaar skommel in my gedagtes
nuwe dinge, nuwe toekoms wat begin
voornemens wat uitrol saam met die golwe elke sekond

geen rook, geen drank, oefen, dieet ... nee reg eet, gym,
minder ry, meer loop, meer tyd vir familie, minder slaap
alles vir die jaar

maar wat van verlede jaar?
is dit nie maar die voetspore
wat ek gelos het in die sand
soos ek terug kyk
golf vir golf
tree vir tree
verdwyn dit liggies
niks daarvan gekom

nuwejaarvoorneme - is dit die toekoms?

moet ek nie eerder vra wat het Jesus vir my die jaar
eerder sy liefde oor my gesig laat vloei
as om beloftes en drome te los in die sand
sodat dit kan weg raak met die somer son!

© Izel Basson – 27 Februarie 2006